Maak jou houthoop netjies
Niks is makliker as dié selfdoenprojek nie!
Jy het nodig:
4 x 50 mm x 75 mm x 1 m-dakhout
2 x betonblokke
Pleistergrondverf
Emaljeverf
ʼn Verfkwas
Maak Só:
Sit die blokke naby die braaier waar jy jou houthoop wil hê. Hulle moet ewewydig en ongeveer 200 mm uitmekaar wees. (ʼn Mens kan dit vanselfsprekend nader of verder uitmekaar sit om by jou brandhout aan te pas.) Steek die hout in die gate in die blokke in, een stuk in elke gat om twee “V’s” te vorm.
Verf die hout en betonblokke met die grondverf, laat droog word en wend nog ʼn laag aan indien nodig.
Verf die hout en betonblokke met emaljeverf, laat droog word en wend nog ʼn laag aan.
Stapel jou hardekoolbrandhout in die “V’s” waar dit netjies sal bly, byderhand is en goed sal dreineer as dit nat word.