Appel-en-daddel-blatjang
Verleen ʼn tikkie soetheid of die byt van ʼn brandrissie aan jou braaivleis met ʼn keuse van ingelegde produkte wat jy kan maak en hou, of weggee vir vriende.
Bestanddele
- 2 uie, fyngekap
- 1,5 kg groen appels, geskil, ontkern en gekap
- 2 knoffelhuisies, gesny
- 1 koppie appelasyn
- 750 g suiker
- 250 g ontpitte dadels, gekap
- ʼn Duimlengte vars gerasperde gemmer
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel kaneel
Metode
Sit die uie in ʼn pan met ʼn bietjie botter en kook by lae hitte tot dit deurgekook is. Voeg die appels, knoffel en asyn by en kook ongeveer 15 minute tot die appels fyn en sag is. Voeg die res van die bestanddele by, roer af en toe en kook ongeveer 30 minute by lae hitte of tot die blatjang dik is. Gooi die mengsel in gesteriliseerde flesse en verseël.
Die blatjang is die beste as dit twee tot drie weke in ʼn donker kas gelaat word vir die geure om te ontwikkel. Verkoel nadat dit oopgemaak is en gebruik binne ʼn maand.