fbpx
loco moco burger

Die Loco Moco Burger

Read in English

loco moco burger

Die heel beste Hawaise trooskos, Loco Moco, bestaan uit rys met ʼn vleiskoekie, bruinsous en ʼn gebakte eier bo-op. Baie mense maak hul eie weergawe van hierdie gereg, wat vermoedelik uitgedink is vir tieners wat iets goedkoops maar nie toebroodjies nie te ete wou hê. Die eienaars van die Lincoln Grill het in 1949 iets vinnigs en goedkoops bedink om te maak om aan die versoek te voldoen, die tradisie het inslag gevind en in die jare daarna is daarop uitgebrei.

Ons Loco Moco bestaan uit ʼn onderlaag van wit rys en ʼn beesvleiskoekie wat met oestersous deurtrek en met ʼn ryk sampioenvleissous bedek is met ʼn perfek gebakte eier bo-op.

Vleiskoekies

500 g beesmaalvleis

½ koppie Panko-broodkrummels

4 eetlepels oestersous

4 sprietuie, gekap

Sout en peper

Meng al die bestanddele saam en vorm vier tot ses vleiskoekies. Bedek elke vleiskoekie met ʼn bietjie olyfolie om te keer dat hulle aan die rooster vassit en maak alkante gaar tot hulle net deurgaar is. Eindig die gaarmaakproses in die sous.

Sampioenvleissous

200 g sampioene, gesny

1 eetlepel botter

1 klein uitjie, fyngekap

2 eetlepels Worcestersous

1 eetlepel sojasous

1 eetlepel rum (opsioneel)

½ koppie room

Sout en peper

Sit ʼn pan op die vuur en sit die botter in. Voeg die uie en sampioene by en kook tot dit goed gaar is. Maak die aangepakte pansappe onder in die pan los met die rum en voeg die res van die bestanddele by. Hou aan kook tot die sous verdik, sit die vleiskoekies in en haal van die vuur af.

Om op te dien

50 g rys per persoon, 20 minute in kokende soutwater gaargemaak

Een gebakte eier per persoon

Vars pietersielie, opgekap vir opdiening

Advertisements
-->
The Gardener