fbpx
prawn burgers

Garnaalburgers

Read in English

Bestandele vir die garnaalburgers

  • Garnale in beslag
  • 12 groot garnale, skoongemaak en ontdop
  • Olie vir braai
  • 6 klein hamburgerrolletjies
  • Blaarslaai, tamatie en avokado vir opdien
  • Lemmetjies of suurlemoene vir opdien

Vir die beslag

  • ½ koppie olie
  • 1 eier, geklop
  • 1 koppie bruismeel
  • ½ koppie melk
  • Sout en peper
  • Olie vir braai

Meng die olie en die eier baie goed. Voeg die meel en melk by en geur met sout en peper. Meng goed om ʼn beslag te vorm. Sit ʼn bietjie olie in ʼn kastrol op die rooster en verhit tot sissend warm. Doop die garnale in die beslag en braai hulle alkante ʼn paar minute in die warm olie. Genoeg vir vier tot ses.

Stel die garnaalburgers saam deur die blaarslaai, tamatie en avokado op die onderste helftes van die rolletjie te sit. Sit die garnale in beslag bo-op en skep lekker baie tartaresous bo-oor. Rooster halwe lemmetjies of suurlemoene op die rooster om saam met die garnaalburgers op te dien.

Tartaresous

Tuisgemaakte sous is soveel beter as die gebottelde weergawe en is baie maklik om te maak.

  • ½ koppie mayonnaise (maak jou eie of gebruik ʼn vooraf gemaakte weergawe)
  • 3 eetlepels agurkies met dille, baie fyn gekap
  • 1 eetlepel kappers, baie fyn gekap
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 teelepel vars of droogbevrore dille
  • 1 teelepel Worcestersous
  • 1/2 teelepel Dijon-mosterd
  • Sout en peper

Meng al die bestanddele saam en sit voor op die garnale in beslag.

Advertisements
-->
The Gardener