fbpx
avo and cous cous

Geroosterde Avokado-en-koeskoesslaai

Read in English

Dit is eerlikwaar ʼn resep om mee te spog eerder as iets anders. Hierdie resep kan maklik gemaak word sonder om die avokado’s te braai, maar iets omtrent die geometriese roostermerke maak dat mense oe en aa. Die slaai in die holte van die avokado’s kan ook op sy eie as bygereg gebruik word, maar die saamvoeging met die avokado maak dit soveel opwindender.

Bestanddele

  • 1 avokado vir elke twee mense
  • 1 koppie koeskoes
  • 1 groot komkommer
  • 1 pakkie kalamataolywe
  • 1 bossie vars ment
  • 1 bossie vars koljander
  • 1 suurlemoen
  • Feta na smaak

Metode

Sit die droë koeskoes in ʼn groot bak en maak volgens die aanwysings gaar. Sodra dit gaar is, maak fyn met ʼn vurk. Sny die komkommer en olywe in blokkies en sit in die bak. Kap die ment en koljander saam op en gooi in die bak. Druk ʼn halwe suurlemoen oor die bestanddele uit en roer deurmekaar. Sprinkel feta na smaak oor.

Sny die avokado’s deur, ontpit en laat bly die skil. Borsel met suurlemoensap en olyfolie en sit met die vleiskant onder op die braaier vir sowat 3 minute. Skep 2 eetlepels van die koeskoesmengsel in die pitholte in en bedien met snye van die oorblywende halwe suurlemoen.

-->
The Gardener