fbpx

Lam-en-tzatziki Vleiskoekie

Read in English

  • 800 g lamsmaalvleis
  • ½ ui, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, fyngemaak
  • 1 rooi brandrissie, in fyn blokkies gesny
  • 1 eier
  • ½ koppie broodkrummels
  • ʼn Hand vol vars ment, gekap
  • ʼn Hand vol vars koljander, gekap
  • ½ teelepel gemaalde piment
  • ½ teelepel gemaalde komyn
  • ½ teelepel cayennepeper
  • Sout en peper
  • Olyfolie

Meng al die bestanddele saam in ʼn bak en vorm vleiskoekies. Sit dit eenkant sodat die geure kan meng en om gereed te wees vir braai. Bedek die vleiskoekies met olie voor jy dit na jou smaak rooster en draai ʼn paar keer om. Bedien met tzatzikisous, piekels, tamatie en blaarslaai.

Tzatzikisous

  • 120 g-komkommer
  • 150 g Griekse volroomjogurt
  • 2 eetlepels vars ment, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • 2 eetlepels grasuie, gekap
  • Sout en peper

Rasper die komkommer en sit in ʼn sif. Voeg ʼn bietjie sout by en meng. Sit dit op ʼn bakkie sodat die oortollige vloeistof in die komkommer kan uitdrup. Laat dit ongeveer ʼn uur staan. Druk al die oortollige vloeistof wat jy kan uit die komkommer en sit dit in die bak saam met al die ander bestanddele. Geur met peper en hou eenkant tot opgedien gaan word. Maak hierdie sous vroeg sodat die geure kan meng vir ʼn beter resultaat.

-->
The Gardener