fbpx

Ontbyt Aartappelkoekie Burgers

Read in English

Na my mening sluit die heel beste ontbyt aartappelkoekies in, nie sommer enige aartappelkoekies nie, maar die verwerktes wat in kitskosrestaurante te kry is. Die kombinasie van bros aartappel buite en sagte aartappel binne is een van die vreugdes van eet (weer volgens my). In hierdie ontbytextravaganza kry jy TWEE aartappelkoekies in plaas van ʼn rolletjie en die gewone ontbytkos van spek en eiers.

Dien dit op met HP-sous. (Ek was op pad om my eie HP-sous te maak toe ʼn kind my daaraan herinner dat dit reeds so lekker is dat daar geen rede is om my eie te maak nie.)

Vir Die Burgers

  • 2 aartappelkoekies per persoon
  • Vleiskoekie
  • 1 gebakte eier per persoon
  • Streepspek, bros gebraai
  • Mikroblaargroente (opsioneel)
  • HP-sous

Stapel die aartappelkoekieburger op met ʼn aartappelkoekie, vleiskoekie, gebakte eier, spek en nog ʼn aartappelkoekie om mee af te rond. Sit voor met HP-sous.

Aartappelkoekies

Minstens ʼn paar uur in die vrieskas vir bevriesing is hiervoor nodig.

  • 4 aartappels, halfgaar en in klein blokkies gesny (moenie te gaar maak nie omdat ʼn bietjie van hul struktuur nodig is)
  • 1 teelepel sout
  • ʼn Titsie swartpeper
  • 1 teelepel suiker
  • 1/3 koppie bruismeel
  • 2 eetlepels melkpoeier
  • 1 eetlepel sagte botter
  • 1 eier, geklits
  • Groenteolie vir braai

Meng al die bestanddele liggies saam. Sit in die vrieskas vir ʼn halfuur om ferm te raak. Rol tussen twee velle bakpapier uit totdat die vel ongeveer 1 cm dik is, en bevries dit minstens ʼn uur tot hard. Sit ʼn kastrol met groenteolie op die rooster en maak sissend warm. Haal die bakpapier af, sny sirkels in die aartappelvel uit en sit ʼn paar van hulle op ʼn keer in die olie. Braai tot goudbruin en dreineer op kombuispapier. As jy gereed is om op te dien, braai hulle nog ʼn keer om die buitekant lekker bros te kry.

-->
The Gardener