fbpx
malva pudding

Opgekikkerde Malvapoeding

Read in English

“Soos jy weet, is ek nogal ’n avontuurlike kok en ek is nou nie seker of ek dit moet noem nie, want ’n mens foeter seker nie rond met ’n tradisionele resep nie, maar wat is jou opinie oor individuele klein malvapoedinkies wat gebak word in ’n kolwyntjiepan? Voorts visualiseer ek ’n kunstige skeppie room bo-op, afgerond met ’n skyfie lemoen. Ek dink ’n mens kan selfs ’n bietjie lemoenlikeur of lemoengeursel in die beslag gooi. Ek is só lus om dit te probeer.” – Wendy Moulton

Bestanddele

  • 400 g suiker
  • 4 eiers
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 300 g koekmeel
  • 2 teelepels koeksoda
  •  ʼn Knippie sout
  • 30 g botter, gesmelt
  • 2 teelepels asyn
  • 200 ml melk
  • ½ teelepel lemoengeursel

Sous

  • 200 ml room
  • 100 g botter
  • 100 g suiker
  • ½ teelepel lemoenekstrak

Vir opdiening

  • Nartjieskyfies (mandaryn)
  • Room, geklop

Metode

  1. Klits die suiker en eiers saam tot lig en romerig.
  2. Meng die koekmeel, koeksoda en sout.
  3. Meng die gesmelte botter, asyn, melk en appelkooskonfyt.
  4. Voeg die helfte van die droë bestanddele en bottermengsel by die eiers-en-suiker en meng.
  5. Voeg die oorblywende bestanddele asook die geursel by en meng goed.
  6. Maak papierbakkies driekwart vol in twee kolwyntjiepanne met 12 vormpies elk. Bak 20 minute tot deurgaar by 180 °C.
  7. Meng die bestanddele vir die sous in ʼn kastrol en verhit tot die suiker gesmelt is.
  8. Skep al die sous lepelsgewys oor die kolwyntjies.
  9. Versier met geklopte room en nartjieskyfies.
-->
The Gardener