fbpx
toast recipe

Piesangroosterbrood

Read in English

toast recipe

Die meisies het besluit hulle kan ook ʼn braaier brandmaak en sommer uitstekend braai. In haar boek Girls on Fire doen Camilla Comins net mooi dit met haar eie spesiale flair by die braai. Die resepte is anders, prettig, soms gesond, en daar is iets vir almal, ook vir die kinders. Hier is ʼn uittreksel uit Girls on Fire:

As kind was ek dol hieroor, en hulle word verslind (soms ook deur sluipende volwassenes) wanneer ek dit op ʼn toe braaier gaarmaak. Wanneer jy met die hoofgereg klaar is, kan dit op ʼn lae direkte vuur onder ʼn deksel opgaan.

Bestanddele

  • 6 snye witbrood vir toebroodjies
  • 250 g streepspek
  • 375 ml gerasperde cheddarkaas
  • 2 – 3 piesangs
  • 30 ml heuning

Genoeg vir 4 – 6

Metode

Rooster die brood en hou eenkant. Braai die spek tot bros. Strooi kaas rojaal oor elke sny roosterbrood. Sit ʼn paar spekvleisrepe bo-op, dan piesang en sit op die braaier om bros en gesmelt te raak. Rond af met ʼn bedruipsel heuning.

Girls on Fire word uitgegee deur Jacana Media en is beskikbaar by boekwinkels landswyd.

-->
The Gardener