
Poke-Bak



ʼn Poke-bak (uitgespreek pou-kei) is wat die Hawaiërs hul gereg van vars gesnyde vis (gewoonlik tuna), Hawaise sout, uie, seewier, geroosterde bankoelneut, lemmetjie, sojasous en sesamolie noem. Hoewel variasies van hierdie weergawe steeds vandag opgedien word, het dit verander na ʼn algemene bak van heerlikhede wat vleise, tofoe en groente kan insluit. Hierdie weergawe van ons is deur ʼn eilandparadys geïnspireer.
Kosbakke is modieus, maklik om mooi op Instagram te laat lyk, en verrassend gesond en smaaklik. Wat lekker is van die maak van ʼn bak kos is dat jy kan gebruik net wat jy wil. Die volgende ding wat jy by jou volgende braai moet beproef, is kosbakke met sout, soet of tradisionele geure, of net die goed waarvan jy saam hou.
Bestanddele vir die Poke-bak
- Vars tuna
- Gekookte rys (1 koppie per persoon)
- Wortelringe
- Avokado, in blokkies gesny
- Groen bone (gesny) of boerbone (wat ook al vars en na die seisoen is)
- Mango of pynappel, in blokkies gesny
- Kool, gesnipper
Sous
(vir 1 tot 2 bakke. Pas aan vir meer bakke)
- Sap van 1 lemmetjie
- 1 eetlepel sojasous
- 1 eetlepel sesamolie
Vir opdiening
- Nori-seewier, in 0,5 cm-stroke gesny en in ʼn bietjie olie tot bros gebraai
- Sesamsaad
Sit ʼn bietjie olie op die tuna en skroei dit op ʼn warm vuur tot dit na jou smaak gaar is. Berei die groente en vrugte voor en sit in ʼn bak. Meng al die bestanddele vir die sous. Sit die gebraaide seewier en sesamsaad bo-op en gooi die lemmetjiesous oor.