Vark Met Mangosalsa
Die somersmake is duidelik in hierdie resep vir varkribbetjies wat met mangosalsa gepaar word. Die kombinasie van varkvleis en mango is ʼn klassieke smaakontploffing wat ʼn moet is vir ʼn sonnige namiddag langs die rooster met goeie geselskap en lekker kos. Die varsheid van die mango en tamaties met ʼn bietjie brandrissieskop komplementeer die ryk taaiheid van die perfek gaargemaakte braairibbetjies.
Jy Het Nodig
2 varkbraairibbetjies – ons het Georgie’s BBQ Braai Ribs gebruik wat vooraf gaargemaak en in ʼn smaaklike braaisous gemarineer verkoop word vir vinnige en maklike resultate op die braaier. Besoek www.georgies.co.za om ʼn kleinhandelaar naby jou te vind.
1 mango, gekap
ʼn Hand vol kersietamaties, gehalveer
½ komkommer, gekap
¼ rooiui, fyngekap
ʼn Hand vol vars koljander en ment, gekap
1 rissie, ontpit en fyngekap
Sout en peper
Slaaisous
1 eetlepel appelwynasyn
1 eetlepel olyfolie
1 teelepel heuning
Maak al die salsabestanddele ongeveer dieselfde grootte as jy dit opsny. Meng al die bestanddele vir die slaaisous en gooi oor die salsa. Meng versigtig sodat die vars bestanddele heel bly, en laat dit ongeveer ʼn halfuur staan vir al die geure om saam te smelt voor opdiening. Maak die rooster warm en maak die ribbetjies sowat ʼn halfuur gaar. Borsel algaande met die marinade en draai af en toe om.