Jenewerbiefstuk
‘n Smelt-in-die-mond biefstuk vir ‘n spesiale okkasie. Moenie jou gebruik van gegeurde jenewer tot botaniese mengeldrankies beperk nie – voeg dit by ʼn marinade vir biefstuk. Dit is verrassend lekker, en ʼn mens kan inderdaad die jenewergeur wat subtiel deurkom, proe.
Marinade:
- 1 doppie gegeurde jenewer
- 2 eetlepels sojasous
- 2 knoffelhuisies, in skywe gesny
- 1 eetlepel heelkorrelmosterd
- 2 eetlepels worcestersous
- 3 eetlepels uiemarmelade
Meng al die bestanddele saam en marineer ʼn goeie stuk biefstuk minstens 30 minute in hierdie mengsel. Braai op ʼn warm vuur totdat dit na jou smaak gaar is, en dien op.
As jy meer resepte soek, lees hierdie resepte:
Advertisements